Markverslag

26 Nov 2025

Ons beleef die wonderlikste groei fase in ons beleggings tans. Ons sien gereeld jaar groei koerse van bo 20%. Die feite dat ons aandele beurs die jaar met 40% gestyg het dra hiertoe by. Die Alle Aandeel Indeks het onder 80000 punte gestaan in Desember 2024.

Ons ekonomiese aanduiders wys dat die sakemanne begin vertroue terugwen in hulle eie vermoeë om wins te maak binne die huidige omstandighede. Daar is egter nog R1600 miljard onaangewende kapitaal beskikbaar in banke en op finansiele state. Ons uitvoer syfers styg. Selfs die indiensneming syfers wil wil styg.

Die “mooi” nuus is die voorspelling/ verwagting van die ekonome dat ons aandelebeurs 18% kan groei in 2026. Hierdie verwagting kweek baie positiwiteit. Daarmee saam geniet ons laer rentekoerse, vir die wat moet leen en besigheid doen. Die inflasie koers het ook met 18% gedaal. Die feit dat dit baie stabiel is help sakevertroue baie.

Ek dink ons kan die Kerstyd ingaan met ‘n rustigheid wat ons lanklaas beleef het.

Seen en voorspoed vir Kerstyd en geniet die tyd met familie en vriende. 


© 2017 Johann Meyer Financial Adviser CC. An Authorised Financial Services Provider (FSP) 10648

Contact us
Office hours
  • Monday to Thursday: 08h00 - 13h00
  • Friday: 08h00 – 12h00
Location
  • Pretoria
    Wierde park
  • 0149